
AKADEMIE
Graad RR - Graad4
Ons Graad-R tot Graad-4 leerders volg Oxford se Afrikaanse Syllabus.
Vakke wat aangebied word sluit in:
Afrikaans, Engels, Wiskunde en Lewensorientering.
Graad 4 het Sosiale Wetenskappe en Natuur Wetenskappe as bykomende
vakke.
Leerders word deurlopend geasseseer en terugvoering word gereeld aan ouers gegee. Probleem areas word vinnig geidentifiseer en aangespreek.
Die Wonderwêreld van Leer......
Om te leer is soos om op n' ontdekkingsreis te gaan. Om elke hoek en draai wag daar n' nuwe avontuur en uitdaging wat bemeester moet word. n' Nuwe wêreld word oopgesluit en so gaan elke leerder saam met ons op sy eie ontdekkingsreis.
Tutors@Zwartkop maak die ontdekkingsreis saam met u kind mee. Ons is daar om u kind te help om die mylpale te bereik en verwagte kriteria te bemeester. Ons gee nie net intelektuele bystand nie maar poog ook om kinders se emosionele intelegensie te ontwikkel.
Die leer proses vereis van kinders om groot motoriese-, fynmotoriese-vaardighede, balans, ruimtelike oriëntasie en prosseseerings vaardighede te gebruik. Ons glo dat kinders hierdie vaardighede moet ontwikkel. Daarom is dit vir ons belangrik om die nodige buitemuurse aktiwiteite aan te bied wat probleme in die areas aanspreek.
Graad 5 - Graad 7
Die Graad -5 tot Graad-7 leerders maak gebruik van Impaq se kurrikulum.
Vakke wat aangebied word:
Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuur Wetenskap, Sosiale Wetenskappe en Lewensoriëntering.
Impaq is landwyd bekend vir hulle uitmuntende kurrikulum. Indien U meer inligting verlang besoek gerus hulle webtuiste https://www.impaq.co.za/