top of page

OORSIG - TUTORS@ZWARTKOP

Ontmoet die Tutors

WhatsApp Image 2021-05-19 at 11.40.32.jp

Genevieve Haupt

Genevieve is betrokke by die graad- RR tot graad-1 leerders.

 

Sy werk al die afgelope tien jaar met kinders en is ma van n' pragtige tweeling.

​

 Haar werk is haar passie en haar entoesiasme is merkwaardig. Sy is baie geduldig, liefdevol en toegewyd. Sy dra elke leerder se belange op die hart en streef daarna om leerders se kreatiwiteit, individualiteit en selstandigeheid aan te wakker en te ontwikkel..  

WhatsApp Image 2021-05-20 at 23.04.03.jp

Marina Botha

Marina is betrokke by die graad-2, 3 en 4 leerders en onderrig al die vakke. Sy het 15 jaar ervaring in onderwys.

​

Marina glo in die moontlikheid van die mens in totaliteit as siel, liggaam en gees. Haar benadering tot ondderwys is holisties en sy glo daarin dat elke leerder (met of sonder spesiale behoeftes) emosioneel, geestelik en fisies gebalanseerd moet ontwikkel. Sy streef daarna om leerders se emosionele welstand in  ag te neem m.b.t akademiese vordering; emosionele welstand verseker akademiese vordering.

​

"Niks is ooit moontlik sonder my Skepper en Hemelse Vader se Almag liefde en genade nie. Met Hom wat ons vooruitgaan, kan ons elke nuwe dag aanpak en n'verskil maak in elke leerder se lewe"- Marina Botha

WhatsApp Image 2021-05-21 at 21.50.34 (1

Guinevere Havemann

Guinevere is betrokke by die graad-5, 6 en 7 leerders. Sy bied Afrikaans, Wiskunde en Natuurwetenskap aan.

​

Sy is tans besig om opvoedkundige sielkunde by Tuks te swot. 

​

Sy is baie lief vir kinders en glo dat dit haar doel is om kinders te help om die sterre te bereik.

WhatsApp Image 2021-05-21 at 21.59.07 (1

Sannelie Swemmer

Sannelie is betrokke by die graad-5,6 en 7. Sy bied Geografie, Geskiedenis, Lewensvaardighede en Skeppende kunste aan. Sannelie is ook toesighouer by die nasorg sentrum.

​

Sy glo dat elke kind n' individu is wat die reg het om op sy /haar eie te ontwikkel. Haar passie vir kinders kom al n'leeftyd saam met haar en kinders se ontwikkeling is vir haar baie belangrik. Sy sien kinders as skitterende perels wat in die klas n'unieke halsnoer vorm. 

WhatsApp Image 2021-10-26 at 7.40.38 PM (1)
WhatsApp Image 2021-10-26 at 7.40.38 PM
WhatsApp Image 2021-10-26 at 7.40.39 PM
WhatsApp Image 2021-10-26 at 7.40.37 PM (2)
Ons Filosofie

"Ek is tot  alles in staat deur God wat my die krag gee" - Fil 4:13

​

"Geloof. hoop en liefde. En die grootste hiervan is die liefde" - 1 Kor 13:13

​

"Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand"- Spreuke 9:10

WhatsApp Image 2021-10-26 at 7.40.37 PM (1).jpeg
bottom of page